loading..

18

Staff

84

Children

Sponsors and Partners 

Please read the reviews from our donateers.

images
Lindie Strydom
Groot FM Joumensemymense saam met Spar

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Gracia - Child and youth care centre Huis Gracia is ‘n plek van veiligheid waar 82 kinders, geborge en geliefd, gesond en heel kan word na meeste van hulle in haglike omstandighede mishandel of verwaarloos is. Een so ‘n kind is *Paul. Paul en sy baba sussie is erg verwaarloos, mishandel en misbruik deur hulle ouers. Hy was eendag so honger, hy het vir die tannie langsaan gevra vir iets om te eet en toe sy ma sien dat sy vir hom ‘n appel gee, het sy dit gegryp en voor hom stukkend getrap. Paul en sy sussie is verwyder uit hulle ouers se sorg en by verskillende pleegsorg huise geplaas. Nadat Paul se pleegsorg-plasing misluk het, is hy na ‘n kinderhuis gestuur. As gevolg van die intense verwaarlosing, het hy beperkte intellektuele vermoëns en is hy gespot en geboelie. Dit het baie sleg met hom gegaan en hy is weereens verwyder en nog ‘n keer geplaas - dié slag by Huis Gracia. As grootmense se sleg sê en sleg doen, verwerping, verwaarlosing, afbreek en afknou, al is wat jy nog ooit geken het, dan verstaan mens Paul se wantroue en agterdogtigheid, sy kwaad wees en bang wees, want hy weet nie watter nuwe sleg hy hierdie keer gaan leer ken nie, maar met verloop van tyd, het hy leer vertrou... want daar is elke dag weer vir jou kos - jou eie bord kos. En liefde en aanraking, maar die soort wat sag voel op jou lyf. Paul se sussie is deur haar pleegouers aangeneem en het saam met hulle oorsee gaan woon, maar Paul is net so gelukkig, want hy het ‘n groot gesin wat hom onvoorwaardelik aanvaar en vir hom lief is. Hy behoort en hy weet - hy en sy lewe maak saak. Paul is maar een van “Ma” Trudie se 82 kinders wat elkeen ekstra baie liefde en aandag nodig het… En terwyl soveel gesinne uitdagings met tuisonderrig beleef tydens lockdown, is Trudie ook hierdie 82 kinders se Juffrou! Katie wat al jare lank by Huis Gracia betrokke is, het met ons gesels oor van die uitdagings wat hulle beleef het die afgelope meer as 100 dae en ook wat die kinders se dringendste behoeftes op die oomblik is. #LuisterWeer: https://iono.fm/e/887999 Baie dankie aan SPAR vir die bydrae wat ons kon maak tot Gracia se koskaste! Dalk het jy ook ‘n bietjie om by te dra, want soos Katie sê: “Elke bietjie maak die pot vol, maar ook die magies en harte van die kinders van huis Gracia…” www.gracia.org.za

images
Danelle Reynders
Student by Gracia Child and Youth Care Centre

Pretoria FM 17 hrs · Shared with Public Ons harte is vandag warm te danke aan ons wonderlike luisteraars! Vanmore in die insetsel, Carpe Omnia het Estel Terblanché met Danelle Reynders gesels oor haar finale jaar van studies. Helpende Hand Studiefondssentrum help haar reeds om haar finale jaar te voltooi. Na die onderhoud het ons luisteraars dadelik geskakel om Danelle verder finansieel te ondersteun. Pretoria FM luisteraars is die beste! Luister gerus weer na die onderhoud: https://www.pretoriafm.co.za/af/klankkoerant-bylaag-14-julie-2020/ Stefan Pieterse

images
Willie Van Wyk
Voorsitter

Wanneer kinders (dalk eerder jong mense!) die grootmense goed laat lyk............ Vandag wil ek namens die bestuursraad dankie sê aan almal wat bydrae tot die sukses van Gracia Child and Youth care centre. Op ‘n gereelde basis kom ‘n groep mense bymekaar wat planne maak, uitdagings bespreek, terugblikke gooi op wat bereik is, voornemens deel van wat bereik wil word, fondsinsamelings projekte van stapel stuur, finansies bekyk, kinders se opleiding en opvoeding bespreek..........en so kan ek aangaan en aangaan. Grootmense wat wel ouer is met meer opleiding, kennis, geleerdheid en ondervinding in die lewe, wat ‘n roeping en ‘n passie het om ‘n verskil te maak in die lewens van kinders en jong mense wat nie dieselfde geleenthede in die lewe gekry het as hulself nie. Besprekings word gefinaliseer en besluite word deurggegee na die dagbestuur van Gracia, en dit is hier waar die werklike suksesverhale begin. Hier waar die “tekkie” die teer tref! Dankie, eerstens aan Trudie, Lizette, Katie, die mamma’s en ELKEEN wat op ‘n DAAGLIKSE basis fisies DAAR is en belê in die besluite en planne wat geneem en beraam is. Sonder mense soos julle wat die oë, ore, hande, voete en monde is, kan die beste van besprekings en beplannings nie tot suksesvolle uitvoering kom nie. En dit is hier waar die grootmense se werk ophou........! Die EINTLIKE finale bestandeel in die “wenresep” is die mense vir wie hierdie hele organisasie bestaan. Mense soos: Dillan van den Berg Cherize Lee Nathan Kearns Richard Lee Tauriq Hendiks Kyle van den Berg........ en sommer AL die ander kinders/leerders wat hulle skooljaar geslaag het en na die volgende graad gevorder het. Dankie aan veral hierdie graad 12 leeders wat geslaag het en ons almal trots maak om deel te wees van hierdie groot gesin. Julle maak alles die moeite werd vir almal wat betrokke is – van die raad wat besluite neem tot by julle self wat die vrugte pluk van julle harde werk en toewyding. Baie geluk met julle prestasies en moenie nou terugsit nie! Hierdie is net die begin van nuwe uitdagings van die grootmens lewe wat nou begin. As julle deur ‘n uiters moeilike jaar – soos verlede jaar - kon deurdruk en suksesvol anderkant uitkom, sal niks vir julle onmoontlik wees nie Weereens baie geluk aan almal wat die grootmense goed laat lyk..............!

images
Trudie Henderson
CEO

Hoe se mens dankie ! `n Mamma is nie net `n mamma nie - sy het soveel poste wat sy vul: `n Brandweer vrou, Polisie vrou; Prokureur; Regter; Doktor; Sielkundige; Kok; Bediende; Juffrou en soveel meer, sy doen elke werk wat daar is in die wereld... Sy vul gate met pleister soos die hart seer kry; Sy voed die siel met kos en met geloof; Sy doktor die seer en die skraap merke op `n kind se liggaam, siel en hart en gemoed; Sy leer jou van goed en sleg en `n duur les tot `n maklike way to do.... Sy baklei met jou en sy baklei vir jou, net omdat sy jou lief het en dat sy jou will beskerm !!! So baie poste ! Jy kan `n boek skryf oor Trudie.... Ons kan net net dankie oor en oor se; die harde werk; die trane wat jy van jou kinders se wange af vee en die trane wat jy self in jou kamer gaan afvee, jou kniee wat deur gesit is lanks jou bed en jou kinders se beddens soos jy bid vir beskerming, vir wysheid, vir raad en leiding... jy bid vir vrede en jy bid dat elke kind beskerm word deur ons groot Heer; Jy is amazing... en vandag pluk jy vrugte van 6 kinders wat suksesvol matriek deur gemaak het; hoe ongelooflik is jy; jou wysheid jou liefde en jou leiding. Sonder jou kon hulle dit nie gedoen het nie; dankie vir jou motivering en dat jy nooit op gegee het met hulle nie. Hoe harder die weerstand en omstandighede hoe harder het jy gewerk... aanhou gedruk ... en vandag is dit gewys. Dankie Trudie vir jou en Lizette; en jou span wat saam met jou werk Dae in en nagte uit, huiswerk en take en leer werk; julle het altyd al hulle pennesakkies vol gereedskap gehad; reg vir skool en reg om te reel; Baie dankie Heer dat U vir Trudie gekies het - om die engel in die kinders se lewens te wees; sonder haar was dit onmoontlik; Ons het jou almal ongelooflik lief; dankie Lizette dat jy net so hard werk, druk en druk vir sukses. Ons is ongelooflik lief vir julle. Dankie Heer vir redding; dankie Heer vir die engele; hou U hand van Beskerming oor hulle en hou hulle veilig, gesond en vol liefde. Dankie aan almal....

images
Dillan Van Den Berg
Student

Dillan Van Den Berg.... Die gesiggie wat ons sien as ons hier by Huis Gracia aan kom... Daai glimlag is pragtig; Dit maak my dag as ek hier in stap en as ek huistoe gaan daai vriendelike groet - jy is die wag die soldaat en die gate keeper.. Jy maak seker ons is veilig elke dag en geen onverwagte gaste in kom nie.. Ons is trots op jou Dillan; wow hoe amazing het jy jou hoogste graad behaal en klaar gemaak met skool; jy is `n spesiale seun en Via Nova was geseend met jou by hulle; jy het klaar gemaak met jou skool loop baan en ons verwelkom jou in die groot mens wereld; Jy is `n amazing seun, en ons is geseend met jou hier by ons; Baie geluk met jou slaag, nou kan ons die avontuur aanpak wat voorle; Dankie Heer vir die pragtige seen; dankie dat U die pad saam Dillan geloop het in sy skool jaar; mooi geleer en mooi geslaag .... moet nooit sy hand los nie Heer, want ons het U altyd nodig... Ons is baie lief vir jou Dillan... bly so `n mooi seun.... Ons sien uit om die pad van avontuur saam met jou te stap...

images
Cherize Lee
Student

Cherize Lee; Die Heer het ons huis geseen met so `n pragtige dogtertjie wat 13 jaar terug by ons huis afgelaai was, Hoe geseend is jy as `n jonge dame; deur so baie in jou jong jare gegaan en bo uit gekom - beeldskoon en sterk - `n regte ware leier. Die Heer het ons bederf met jou; jy het soveel talent; en die Heer het soveel planne vir jou. Trots is ons almal op jou. Die mens wat jy is, is amazing; bly so sterk en bly so mooi; Jou hart en jou glimlag gaan nog die hele wereld verander. En dan het jy nog gekies om om te sien vir ander kinders; jy vol die voetspore van jou moeder engel... Jy gaan `n verskil maak in ons kinders se lewens; die Heer het mooi gekies; en hy sal hand aan hand saam met jou die pad stap; Sterkte met jou uitdagings en jou avontuur; sterkte met jou studies wat vir jou voorle, jy weet jy gaan weer sukses behaal, want jy verdien dit. Die kinders in die toekom verdien om `n juffrou soos jy te he, wat hulle elke dag iets nuuts gaan leer, en wat hulle deur baie gaan deur staan en hulle lief gaan he; Ons is baie trots op jou, En ons is baie lief vir jou... Dankie Heer vir die pragtige dame wat U vir ons geleen het; Heer gaan asseblief saam met haar deur al haar keuses en avontuur wat vir haar nog voorle; dankie dat U ons kinders gered het, Heer dankie vir die liefde.... en U hand van kennis en beskerming oor ons kinders; Cherize, welkom in die groot mens wereld; onthou net jy is nooit alleen nie; jou huis en al sy familie staan by jou, en almal is hier vir jou; ons is trots op jou. Mag jou studies en jou avontuur net vreugdte liefde en sukses oor jou pad bring... Jy`s Beeldskoon.... hou aan skyn; jou lig sal orals lig maak vir die se harte wat in donker wegkruip... Bly amazing.... gaan maak `n verskil in die wereld...

images
Nathan Kearns
Student

Nathan Kearns..... Baie geluk met jou amazing slaag... Klaar met skool en is nou reg om die grootmens wereld in te tree; geseend met `n werk, en geseend met `n huis en moeder wat so baie liefde vir julle het. Trots op jou Nathan is ons almal hier by ons huis; Wow; wat `n jaar, jy was so rustig en so stil en het so gefokus; net om die laaste paar berge en dale te klim. Om `n sukses te maak vir wat voorle; En wat my hart gevang het was dat jou woord was Ek moet hard leer en hard werk, want ek het `n boetie vir wie ek moet wag en help versorg tot hy klaar maak Wat `n sterk amazing mens is jy; Dankie Heer vir die pragtige seun wat U aan ons geleen het; dankie vir die geleentheid wat U aan ons gegee het om van Nathan te kon leer, en dankie dat U hom gedra het deur al die jare; die leer werk, die groot word werk, die bid en die glo. Baie dankie Heer, mag U asseblief saam met hom sy lewenspad stap, hand aan hand. Nathan daar is soveel avontuur daar buite in die wereld; as dit aan jou deur klop; moet nie vergeet om vir advies te vra by U groot Heer; Baie dankie vir die mooi seun wat jy is... Hou aan glimlag en hou aan glo in jouself; Baie geluk.... Ons is lief vir jou...

images
Richard Lee
Student

Richard Lee..... Waar begin ons.... Trots in ons harte en ons borste staan breed !! Wow seun; jy het ons gewys ... jyt gewys dat jy kan... Aan hou veg en nie een keer op gegee nie.... Hard gebid en ons kniee is deur gesit; maar vandag staan ons op en skud ons kniee af, en juig van blydskap... Jy is een amazing sterk seun; en ons dank die Heer dat hy jou op ons stoep kom neersit het; Soos wat jy van Graad R tot matriek geslaag het - en baie geleer het. HET ons baie van jou geleer, hoe amazing .... Baie dankie Heer vir die groot seun wat U op U se hande gedra het deur die jare; en vra dat U asseblief nog sy hand sal neem en die pad saam met hom sal stap in al sy avonture wat vir hom voorle; Elke dag sal jy iets nuuts leer, leer hou net nooit op nie. Richard jy is geseen en jy is `n amazing seun; gaan leef voluit; Jy is ook geseend met `n werk en glo en vertrou dat jy net sukses vorentoe oor jou lewenspad sal kry; Dankie Heer vir die amazing bederf, dankie vir U genade. Ons is baie trots op jou slaag... daar is nog baie toetse en eksamens in die lewenslesse wat voorle; maar hou aan glo, bid en vertrou... Dit is die beste opsomming.... Baie geluk Richard... Ons is lief vir jou..

images
Tauriq Hendriks
Student

Tauriq Hendriks.... Vir 7 jaar was ons geseend met jou in ons lewens, jy het ons huis vol joy gemaak.. Vandag se ons vir jou hoe kosbaar jy is vir ons - hoe dankbaar ons vir jou harde werk is; dankie vir alles wat jy is; Baie geluk met jou uitslae en baie geluk met jou sukses en jou passie om verder te gaan studeer; al gaan mens nie skool meer nie - leer mens elke liewe dag iets nuuts en meer; En ons wens jou vorentoe net liefde geluk en baie baie sukses.. Neem elke avontuur wat oor jou pad kom met alles, en pak alles aan. Dae om het ons saam met jou gebid, en kyk... jy het gewys jy kan. Super trots op jou... Dankie Heer vir die seen wat U oor Tauriq gegee het; ons vra dat U asseblief nie sy hand sal los nie en nog saam met hom sal stap deur sy nuwe studies; en ons dank U Heer vir die geseende talentvolle seun wat U aan ons geleen het. Tauriq.... sterkte met jou pad vorentoe; weet ons is hier vir jou deur duk en dun... Dankie .... en baie geluk met jou slaag ...

images
Kyle Van Den Berg
Student

Kyle Van Den Berg ..... Trots is `n klein woord maar dit was amazing om jou matriek jaar saam met jou die pad te stap; Sal nooit vergeet die dag toe jy hier instap na jou 1ste Eksamen en jy vir tannie Lizette se; Tannie - ek is okay; ek gaan niks bo 50% of niks onder 40% kry nie - so ek is okay Ons het lekker gelag; en vandag is ons so trots op jou; ?? Baie geluk met jou uitslae - nou is jy in die groot mens wereld; En geseend is jy ook met `n werk, so gelukkig is jy... Ons wens jou emmers en emmers vol sukses toe, neem elke avontuur aan en loop die pad saam met ons Groot Heer; Baie dankie Heer dat U,U hand van beskerming en wysheid oor ons Kyle gehou het; ons bid dat Kyle die lig op U pad sal volg en sal bly op die regte pad na U toe; ons dank U vir die liefde; Dankie Kyle dat jy so `n pragtige seun is, en ons is bly jy is deel van ons huis.... Ons is lief vir jou ....

images
Matriekulante

Gracia wil graag aan iedere en elke persoon dankie sê vir die liefde, die omgee, die tyd en passie wat julle met ons deel Ons Matriekulante het `n amazing aand van ervaribg gehad.. Die aankope, die opmaak en regmaak en die aan ry en aanstap tot hul afsluiting! ONGELOOFLIK & ASEMROWEND Het hulle gelyk... Baie baie dankie aan almal wat die geleentheid moontlik gemaak het! Pragtig en geseend is ons mooi kinders... Ons wens hulle alle sterkte toe vir die eind eksamens...?? Die harde leer werk wat voor lê ??. Baie baie dankie Gracia Groete...

Our Team

Introduction Text

image

Phone:012 546 6681/4

Email:gracia091@gmail.com

Trudie Henderson

Huis Moeder